lamlendig [boodskap #136734] |
Mon, 31 May 2021 20:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lamlendig
Afbreking: lam•len•dig
Samestelling: lam + lendig
Byvoeglike naamwoord: lamlendig
Vergrotende trap: lamlendiger
Oortreffende trap: lamlendigste
Attributief: lamlendige
Partitief: lamlendigs
Betekenis:
• Wat pateties is en niks kan regkry nie.
• Wat ellendig of beroerd is.
Gebruik:
• Hy is te lamlendig om sy kinders te onderhou.
• Dit is 'n lamlendige verskoning.
Sinoniem:
• beenloos
• ellendig
• futloos
• lamsakkig
• lafhartig
• onbeholpe
• pap
• papbroekig
• pateties
• ruggraatloos
• slapgat
• swak
• wankelend
• wankelrig
Afgelei:
• lamlendigheid
• lamlendeling
Vertaling:
Engels: feckless, indolent
Nederlands: lamlendig
Nota:
• Moenie "lamlendig" met "lendelam" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|