vrywaar [boodskap #136730] |
Mon, 31 May 2021 18:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrywaar
Afbreking: vry•waar
Werkwoord: vrywaar
Verlede tyd: het gevrywaar
Betekenis:
• Om 'n aanspreeklikheid op te hef.
Gebruik:
• Deur die brief te onderteken vrywaar u die skool teen enige verlies, skade en koste wat nie deur growwe nalatigheid veroorsaak is nie.
Sinoniem:
• beskerm
• kwytskel
• vrystel
Afgelei:
• vrywaarder
• vrywaring
Vertaling:
Engels: to safeguard
Nederlands: vrijwaren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|