Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kerf
kerf [boodskap #136723] Mon, 31 May 2021 15:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kerf
Afbreking: kerf


Werkwoord: kerf
Verlede tyd: het gekerf

Betekenis:
• Om 'n V-vormige keep met 'n skerp voorwerp te maak.
• Of iets (soos biltong) in repies te sny.

Gebruik:
• Hy kerf sy meisie se naam op 'n klip uit.
• Sy kerf die boontjies met 'n skerp mes.

Spreekwoord:
• Laat iemand maar sy twak op sy eie manier kerf. [Laat iemand maar maak soos hy wil.]

Wisselvorm:
• kerwe

Afgelei:
• afkerf
• inkerf
• opkerf
• uitkerf

Vertaling:
Engels: to carve, gouge out; cut, slice
Nederlands: kerven


Selfstandige naamwoord: kerf
Meervoud: kerwe
Verkleinwoord: kerfie
Meervoud van verkleining: kerfies

Betekenis:
• 'n Ingesnyde groef of keep.
• 'n Vlak of skaal waarteen iets gemeet word.

Gebruik:
• Jy sal die onooglike kerf uit die hout moet uitskuur.
• Suid-Afrika het die kerf van 1 miljoen infeksies verbygesteek.

Afgelei:
• kerfbeitel
• kerfblok
• kerfhoek
• kerfhout
• kerfmasjien
• kerfmes
• kerfstok
• kerftabak
• kerfvisier
• kerfwerk
• salariskerf

Vertaling:
Engels: notch, groove
Nederlands: kerf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Japannees
Volgende onderwerp: teenstaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 06:50:39 UTC 2025