ivoor [boodskap #136719] |
Sun, 30 May 2021 17:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ivoor
Afbreking: i•voor
Selfstandige naamwoord: ivoor
Meervoud: –
Betekenis:
• Materiaal van die slagtande van verskeie diere (soos olifante, seekoeie en walrusse).
Gebruik:
• Die jag op olifante om ivoor te bekom het tot 'n sterk daling in olifantgetalle gelei.
Afgelei:
• ivoorafval
• ivooragtig
• ivoorbeeld
• ivoorbewerking
• ivoordraaier
• ivoordraaiwerk
• ivoorhandel
• ivoorkleur
• ivoorkleurig
• ivoorkuns
• ivoorsnyer
• ivoorsnykuns
• ivoorsnywerk
• ivoorsnywerker
• ivoorstuk
• ivoortoring
• ivoorverkope
• ivoorvoorwerp
• ivoorware
• ivoorwerk
• ivoorwerker
• ivoorwit
Vertaling:
Engels: ivory
Nederlands: ivoor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|