huisgesin [boodskap #136712] |
Sun, 30 May 2021 10:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
huisgesin
Afbreking: huis•ge•sin
Samestelling: huis + gesin
Selfstandige naamwoord: huisgesin
Meervoud: huisgesinne
Verkleinwoord: huisgesinnetjie
Meervoud van verkleining: huisgesinnetjies
Betekenis:
• 'n Ouerpaar met hulle kinders wat saam woon.
Gebruik:
• Ek en my huisgesin sal die Here dien. [Josua 24:15]
Sinoniem:
• familie
• gesin
Vertaling:
Engels: household, family
Nederlands: huisgezin
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|