omkoop [boodskap #136702] |
Sat, 29 May 2021 18:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omkoop
Afbreking: om•koop
Samestelling: om + koop
Werkwoord: koop om, omkoop
Verlede tyd: het omgekoop
Betekenis:
• Om iemand met geld of geskenke oor te haal om iets te doen.
Gebruik:
• 'n Motoris is gearresteer omdat hy 'n verkeersbeampte probeer omkoop het.
Afgelei:
• omkoopbaar
• omkoopbedrag
• omkoopgeld
• omkoopgeskenk
• omkoopprys
• omkoopsom
• omkoper
• omkopery
• omkoping
Vertaling:
Engels: to bribe, buy off
Nederlands: omkopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|