berispe [boodskap #136699] |
Sat, 29 May 2021 10:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
berispe
Afbreking: be•ris•pe
Werkwoord: berispe
Verlede tyd: het berispe
Betekenis:
• Om iemand kwaai aan te preek omdat hy/sy iets verkeerd gedoen het.
Gebruik:
• Die juffrou het die kinders wat laat was streng berispe.
Sinoniem:
• aanspreek
• bestraf
• betig
• dissiplineer
• invlieg
• kapittel
• kasty
• korrigeer
• kortvat
• raas
• skrobbeer
• teregwys
• toesnou
• uitkryt
• uittrap
• uitvreet
• vermaan
• waarsku
Afgelei:
• berispelik
• berisping
Vertaling:
Engels: to scold, reprimand, censure
Nederlands: berispen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|