stilstaan [boodskap #136698] |
Sat, 29 May 2021 10:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stilstaan
Afbreking: stil•staan
Samestelling: stil + staan
Werkwoord: staan stil, stilstaan
Verlede tyd: het stilgestaan
Betekenis:
• Om nie te beweeg nie.
• Om te stagneer en geen vordering te maak nie.
• Om aandag aan 'n saak te skenk.
Gebruik:
• Wag totdat die bus stilstaan voordat jy uitklim.
• Dit lyk of die tyd in die dorp stilstaan.
• Klas, vandag gaan ons by 'n enkele onderwerp stilstaan.
Sinoniem:
• stagneer
• stop
• vertoef
Vertaling:
Engels: to stand still; stagnate; pay attention
Nederlands: stilstaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|