hanslam [boodskap #136693] |
Fri, 28 May 2021 10:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hanslam
Afbreking: hans•lam
Samestelling: hans + lam
Selfstandige naamwoord: hanslam
Meervoud: hanslammers
Verkleinwoord: hanslammetjie
Meervoud van verkleining: hanslammetjies
Betekenis:
• Klein skapie of bokkie waarvan die ma dood is en wat deur mense grootgemaak word.
Gebruik:
• Sy voer die twee weke oue hanslam met 'n bottel.
Hiperoniem:
• hansdier
Verwant:
• hanskuiken
• hansperd
• hansvark
Vertaling:
Engels: pet lamb, hand-fed lamb, cosset
Nederlands: hanslam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|