personifikasie [boodskap #136680] |
Thu, 27 May 2021 16:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
personifikasie
Afbreking: per•so•ni•fi•ka•sie
Selfstandige naamwoord: personifikasie
Meervoud: personifikasies
Betekenis:
• Beeldspraak waar menslike eienskappe aan nie-menslike dinge toegeken word.
• 'n Mens wat iets abstraks verteenwoordig.
Gebruik:
• "Die tyd stap aan" is 'n voorbeeld van personifikasie.
• Hy is die personifikasie van kwaad.
Sinoniem:
• antropomorfisme
• persoonsverbeelding
• vermensliking
• verpersoonliking
Afkorting:
• person.
Vertaling:
Engels: personification
Nederlands: personificatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|