eindeloos [boodskap #136678] |
Thu, 27 May 2021 16:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eindeloos
Afbreking: ein•de•loos
Samestelling: einde + -loos
Byvoeglike naamwoord: eindeloos
Vergrotende trap: eindeloser
Oortreffende trap: eindeloosste
Attributief: eindelose
Betekenis:
• Sonder einde. Wat nie tot 'n einde kom nie, of skynbaar geen einde het nie.
Gebruik:
• Die heelal is eindeloos.
Sinoniem:
• altyddurend
• ewig
• ewigdurend
• grensloos
• mateloos
• nimmereindigend
• onbegrens
• onbepaald
• onberekenbaar
• oneindig
• ongebonde
• ononderbroke
• onophoudelik
• ontelbaar
• onuitputlik
• talloos
Afgelei:
• eindeloosheid
Vertaling:
Engels: endless
Nederlands: eindeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|