bulder [boodskap #136675] |
Thu, 27 May 2021 15:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bulder
Afbreking: bul•der
Werkwoord: bulder
Verlede tyd: het gebulder
Teenwoordige deelwoord: bulderende
Betekenis:
• 'n Dreunende lawaai maak.
• Op 'n ruwe en luide manier praat; beskree.
Gebruik:
• Die vliegtuie dreun en die kanonne bulder oor die slagveld.
• "Is dit hoe jy met 'n offisier praat?" bulder hy.
Afgelei:
• bulderend
• bulderlag
• bulderstem
• uitbulder
Verwant:
• dawer
• brul
• dreun
Vertaling:
Engels: to bluster, rage, roar
Nederlands: bulderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|