asemhaling [boodskap #136673] |
Thu, 27 May 2021 14:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
asemhaling
Afbreking: a•sem•ha•ling
Selfstandige naamwoord: asemhaling
Meervoud: asemhalings
Verkleinwoord: asemhalinkie
Meervoud van verkleining: asemhalinkies
Betekenis:
• Die proses van lug in die longe intrek en weer uitblaas (gaswisseling).
Gebruik:
• Asemhaling bestaan uit twee prosesse, naamlik inaseming en uitaseming.
Sinoniem:
• respirasie
Afgelei:
• asemhalingsapparaat
• asemhalingsoefening
• asemhalingsopening
• asemhalingsorgaan
• asemhalingsprobleem
• asemhalingstelsel
• asemhalingstoestel
Vertaling:
Engels: breathing, respiration
Nederlands: ademhaling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|