ambagsman [boodskap #136667] |
Wed, 26 May 2021 15:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ambagsman
Afbreking: am•bags•man
Samestelling: ambag + -s- + man
Selfstandige naamwoord: ambagsman
Meervoud: ambagsmanne, ambagslui
Verkleinwoord: ambagsmannetjie
Meervoud van verkleining: ambagsmannetjies
Betekenis:
• Persoon wat 'n ambag (handwerk) as 'n beroep beoefen.
Gebruik:
• Die slegte ambagsman beveel sy werk aan; goeie werk beveel sy ambagsman aan. [C.J. Langenhoven]
Sinoniem:
• handwerker
• vakman
Antoniem:
• kantoorwerker
Hiponiem:
• elektrisiën
• loodgieter
• messelaar
• skrynwerker
• sweiser
Afgelei:
• ambagsmanstatus
Vertaling:
Engels: craftsman, artisan
Nederlands: ambachtsman
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|