oorbluf [boodskap #136666] |
Wed, 26 May 2021 12:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorbluf
Afbreking: oor•bluf
Samestelling: oor + bluf
Byvoeglike naamwoord: oorbluf
Attributief: oorblufte
Betekenis:
• Baie verbaas en geskok.
Gebruik:
• Sy was totaal oorbluf deur sy onsensitiewe opmerking.
Sinoniem:
• deurmekaar
• oordonder
• sprakeloos
• stomgeslaan
• verbaas
• verbyster
• verdwaas
• verras
• verstom
• verward
• verwonder
Vertaling:
Engels: dumbfound, confounded
Nederlands: overbluft
Werkwoord: oorbluf
Verlede tyd: het oorbluf
Betekenis:
• Om iemand so te skok of te verbaas dat hy/sy nie weet wat om te sê of wat om te doen nie.
Gebruik:
• Haar woorde het hom totaal oorbluf.
Vertaling:
Engels: to baffle, overwhelm
Nederlands: overbluffen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|