karsiekte [boodskap #136652] |
Tue, 25 May 2021 10:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
karsiekte
Afbreking: kar•siek•te
Samestelling: kar + siekte
Selfstandige naamwoord: karsiekte
Meervoud: karsiektes
Betekenis:
• Mislikheid wat ontstaan as daar 'n konflik is tussen die visuele inligting van die oë en die inligting van die ewewigsorgaan in die binneoor.
Gebruik:
• Karsiekte kan met medikasie (soos valoid) of boererate (soos gemmer) behandel word.
Sinoniem:
• bewegingsiekte
• karsiekte
• motorsiekte
• rysiekte
Verwant:
• seesiekte
Vertaling:
Engels: travel sickness, carsickness
Nederlands: wagenziekte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|