veldwerk [boodskap #136649] |
Tue, 25 May 2021 09:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veldwerk
Afbreking: veld•werk
Samestelling: veld + werk
Selfstandige naamwoord: veldwerk
Meervoud: –
Betekenis:
• Werk in die buitewêreld, nie tuis of op kantoor nie, dikwels vir navorsing en om gegewens in te samel.
• (sport) Spel op 'n sportveld, soos met krieket.
Gebruik:
• Die kursus sluit 'n kombinasie van analitiese werk en veldwerk in.
• Die Proteas se veldwerk laat veel te wense oor.
Antoniem:
• huiswerk
• kantoorwerk
• laboratoriumwerk
Afgelei:
• veldwerker
Vertaling:
Engels: fieldwork
Nederlands: veldwerk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|