Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blakend
blakend [boodskap #136648] Tue, 25 May 2021 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
blakend
Afbreking: bla•kend
Samestelling: blaak + -end


Byvoeglike naamwoord: blakend
Attributief: blakend, blakende

Betekenis:
• Van goeie liggaamlike kondisie; met 'n gloeiende galaatskleur.
• Soos die son wat fel neerskyn.

Gebruik:
• Ons is almal blakend gesond, maar hoe gaan dit met julle?
• Sy sit en bak in die blakende son.

Spreekwoord:
Blakend gesond. [Gesond van lyf en lede; kerngesond.]

Sinoniem:
• gloeiend
• vurig

Antoniem:
• sieklik

Vertaling:
Engels: ardent, fervent, glowing, burning
Nederlands: blakend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die verouderde werkwoord "blaak", wat beteken om gloeiende hitte af te gee. Soos in die ou Gesang 153: "al blaak die hel van woede".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weerstandsbeweging
Volgende onderwerp: veldwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 25 21:25:35 UTC 2025