| windrigting [boodskap #136642] |
Ma., 24 Mei 2021 15:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kompasroos met windrigtings.
windrigting
Afbreking: wind•rig•ting
Samestelling: wind + rigting
Selfstandige naamwoord: windrigting
Meervoud: windrigtings
Betekenis:
• Die rigting waaruit die wind waai.
• Een van gemerkte punte op 'n kompas.
Gebruik:
• Hy lek sy vinger en hou dit in die lug om die windrigting te bepaal.
• Die vier hoof windrigtings is noord, oos, suid en wes.
Hiponiem:
• hoofwindrigting
Vertaling:
Engels: wind direction; compass point
Nederlands: windrichting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|