Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maas
maas [boodskap #136626] Sun, 23 May 2021 11:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die mase van 'n net.
Die mase van 'n net.
maas
Afbreking: maas


Selfstandige naamwoord: maas
Meervoud: mase

Betekenis:
• 'n Suiwelproduk van melk wat dik geword het; suurmelk; dikmelk; kês; amasi.
• 'n Ogie of opening wat deur die kruisdrade van 'n net gevorm is.

Gebruik:
Maas is 'n Suid-Afrikaanse gereg wat van suurmelk en sorghum gemaak word.
• 'n Goeie prokureur moet deur die mase van die wet kan werk.

Afgelei:
• maasdraad
• maaskaas
• maaskous
• maaswerk
• maaswydte

Vertaling:
Engels: mesh, stitch
Nederlands: maas

Nota:
• "Maas" is ook 'n vroeë Afrikaanse spelling vir ma's (die meervoud van ma).
• Die Maas is 'n rivier wat vanaf Frankryk en België na Nederland vloei.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onverdraagsaam
Volgende onderwerp: voedselbron
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 09:07:21 UTC 2025