onverdraagsaam [boodskap #136625] |
Sun, 23 May 2021 11:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onverdraagsaam
Afbreking: on•ver•draag•saam
Samestelling: on- + verdraagsaam
Byvoeglike naamwoord: onverdraagsaam
Vergrotende trap: onverdraagsamer
Oortreffende trap: onverdraagsaamste
Attributief: onverdraagsame
Betekenis:
• Wat nie baie verdraagsaam is nie; nie ander se nonsens verduur nie.
Gebruik:
• Moenie so onverdraagsaam teenoor die bure wees nie, hulle lawaai darem nie elke aand so nie.
Sinoniem:
• bevooroordeeld
• onbuigsaam
• onredelik
• ontoegeeflik
• ontoegewend
• onverbiddelik
• onversetlik
• prikkelbaar
Afgelei:
• onverdraagsaamheid
Vertaling:
Engels: intolerant
Nederlands: onverdraagzaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|