Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afkeer
afkeer [boodskap #136624] Sun, 23 May 2021 10:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
afkeer
Afbreking: af•keer
Samestelling: af + keer


Selfstandige naamwoord: afkeer
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Gevoel van afsku.

Gebruik:
• Ek het 'n afkeer in sulke dinge.

Sinoniem:
• afgryse
• haat
• renons
• teensin
• teësin
• verafskuwing
• verpesting
• walging
• weersin

Antoniem:
• voorkeer
• voorliefde

Vertaling:
Engels: dislike, aversion, repugnance
Nederlands: afkeer


Werkwoord: keer af, afkeer
Verlede tyd: het afgekeer

Betekenis:
• Om iets te keer, te stop of te stuit.

Gebruik:
• Gelukkig kon hy die hou met sy kierie afkeer voordat dit hom tref.

Sinoniem:
• afskerm
• afslaan
• afweer
• keer
• stop
• verhoed
• wegkeer
• wegslaan

Vertaling:
Engels: to avert, ward off, turn away
Nederlands: afkeren

Nota:
• Moenie "afkeer" met "afkeur" (nie toegestaan nie) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afkeur
Volgende onderwerp: onverdraagsaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 09:10:37 UTC 2025