wegvlieg [boodskap #136618] |
Sat, 22 May 2021 11:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wegvlieg
Afbreking: weg•vlieg
Samestelling: weg + vlieg
Werkwoord: vlieg weg, wegvlieg
Verlede tyd: het weggevlieg
Teenwoordige deelwoord: wegvlieënde
Betekenis:
• Om weg van 'n plek af te vlieg.
• (figuurlik) Haastig begin; skielik met iets wegspring.
• (figuurlik) 'n Plek vinnig verlaat; vertrek; verdwyn; vlug.
Gebruik:
• Sy maak die hok oop en kyk hoe die duiwe wegvlieg.
• Voordat ons wegvlieg met vandag se les, moet ons net eers kyk waar dit inpas.
• Maak jou kamer aan die kant voordat jy hier wegvlieg.
Vertaling:
Engels: to fly away; dart off; flee
Nederlands: wegvliegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|