benepe [boodskap #136599] |
Fri, 21 May 2021 07:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
benepe
Afbreking: be•ne•pe
Byvoeglike naamwoord: benepe
Vergrotende trap: meer benepe, benepener
Oortreffende trap: mees benepe, benepenste
Attributief: benepe
Betekenis:
• Wat angstig, benoud en beklemmend is.
• Wat bekrompe en kleinsielig is.
Gebruik:
• Hy hoor 'n benepe stemmetjie in die donker en gaan stel ondersoek in.
• Met so 'n benepe houding sal mens nie ver kom nie!
Sinoniem:
• angstig
• bang
• beklemmend
• bekrompe
• benoud
• enghartig
• ingekrimp
• kleingeestig
• kleinsielig
• noodlydend
• verkramp
Afgelei:
• benepenheid
Vertaling:
Engels: afraid, timid; petty, small-minded, narrow-minded
Nederlands: benepen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|