Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spekvet
spekvet [boodskap #136596] Do., 20 Mei 2021 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26477
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
spekvet
Afbreking: spek•vet
Samestelling: spek + vet


Byvoeglike naamwoord: spekvet
Attributief: spekvet, spekvette

Betekenis:
• Intensiewe vorm van vet: baie vet (dik, oorgewig of geset).
• In goeie gesondheid.

Gebruik:
• Die boer het sy varke spekvet gevoer.
• Nee wat, ons is almal spekvet en gesond.

Sinoniem:
• blinkvet
• moddervet

Antoniem:
• brandmaer
• rietskraal

Vertaling:
Engels: bacon fat, as plumb as a partridge; in good health
Nederlands: spekvet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 13 September 2026 17:38]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: suikersoet
Volgende onderwerp: hondsiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Sep. 13 20:19:25 UTC 2026