afstof [boodskap #136591] |
Thu, 20 May 2021 11:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afstof
Afbreking: af•stof
Samestelling: af + stof
Werkwoord: stof af, afstof
Verlede tyd: het afgestof
Verlede deelwoord: afgestofte
Betekenis:
• Om die stof van 'n vuil oppervlak te verwyder.
• Pak slae gee; foeter; looi.
Gebruik:
• Moet ek die meubels met 'n stoflap of 'n verestoffer afstof?
• Jou pa gaan jou broek afstof as jy sy biltong steel.
Spreekwoord:
• Ek gaan sy broek afstof. [Ek gaan hom 'n pak slae gee.]
Sinoniem:
• afborsel
• afvee
• borsel
• skoonmaak
• uitklop
• uitstof
Afgelei:
• afstofdoek
• afstoflap
Verwant:
• stoffer
Vertaling:
Engels: to dust off; give a licking
Nederlands: afstoffen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|