opdok [boodskap #136589] |
Thu, 20 May 2021 10:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opdok
Afbreking: op•dok
Samestelling: op + dok
Werkwoord: dok op, opdok
Verlede tyd: het opgedok
Betekenis:
• (informeel) Om teensinnig te betaal vir wat van jou verwag word.
Gebruik:
• Die regering spandeer te veel en die belastingbetalers sal uiteindelik daarvoor moet opdok.
Spreekwoord:
• Iemand moet opdok. [Iemand moet betaal.]
Sinoniem:
• beloon
• betaal
• kompenseer
• remunereer
• terugbetaal
• uitbetaal
• uitkeer
• vergoed
Vertaling:
Engels: to pay up, fork out, foot the bill, pay the piper
Nederlands: opdokken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|