Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konsessie
konsessie [boodskap #136588] Thu, 20 May 2021 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsessie
Afbreking: kon•ses•sie


Selfstandige naamwoord: konsessie
Meervoud: konsessies

Betekenis:
• 'n Spesiale vergunning of toegewing.
• Afslag op die gewone tarief.

Gebruik:
• Die maatskappy doen aansoek vir 'n konsessie om diamante in die gebied te ontgin.
• 'n Verdere konsessie is vir studente en senior burgers gemaak.

Sinoniem:
• instemming
• korting
• opskorting
• tegemoetkoming
• toegewing
• vergunning

Afgelei:
• jagkonsessie
• konsessiehouer
• konsessiekaartjie
• konsessiesaak

Verwant:
• konsessionaris

Vertaling:
Engels: concession
Nederlands: concessie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wankelbaar
Volgende onderwerp: opdok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 08:48:15 UTC 2025