bontloper [boodskap #136581] |
Tue, 18 May 2021 12:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bontloper
Afbreking: bont•lo•per
Samestelling: bont + loper
Selfstandige naamwoord: bontloper
Meervoud: bontlopers
Verkleinwoord: bontlopertjie
Meervoud van verkleining: bontlopertjies
Betekenis:
• Voetganger wat in die strate loop en die verkeersreëls oortree.
Gebruik:
• Die metropolisie het die bontloper wat die snelweg onwettig oorgesteek het in hegtenis geneem.
Sinoniem:
• gansloper
• straateend
• straatgans
Afgelei:
• bontlopery
Vertaling:
Engels: jaywalker
Nederlands: jaywalker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|