| litteken [boodskap #136562] |
So., 16 Mei 2021 15:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Wond (links) en die litteken (regs) wat dit gelaat het.
litteken
Afbreking: lit•teken
Selfstandige naamwoord: litteken
Meervoud: littekens
Verkleinwoord: littekentjie
Meervoud van verkleining: littekentjies
Betekenis:
• 'n Sigbare merk op die vel van 'n ou wond wat gesond geword het.
Gebruik:
• Die operasie het 'n lelike litteken op sy maag gelaat.
Sinoniem:
• letsel
• wondmerk
• wondteken
Afgelei:
• littekenlyn
• littekenweefsel
Vertaling:
Engels: scar
Nederlands: litteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|