ginnegaap [boodskap #136559] |
Sun, 16 May 2021 13:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ginnegaap
Afbreking: gin•ne•gaap
Werkwoord: ginnegaap
Verlede tyd: het geginnegaap
Teenwoordige deelwoord: ginnegapende
Betekenis:
• Om ligsinnig te gesels en grappe te maak (dikwels terwyl 'n mens eintlik moet werk).
Gebruik:
• As julle werk vir julle belangrik is, sal julle nie so sit en ginnegaap nie!
Sinoniem:
• babbel
• gesels
• jil
• kekkel
• klets
• lag
• praat
• uitwei
Vertaling:
Engels: to giggle, snigger, titter, hortle
Nederlands: ginnegappen
Nota:
• Samestelling van die verouderde Nederlandse woorde 'ginniken' (grinnik) en 'gappen' ('n wisselvorm van 'gabben', om spottend of skertsend te babbel en te lag).
• In Afrikaans verskuif die betekenis dikwels na "lui wees", "niksdoen", "rondlê" of "rondhang".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|