Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stuit
stuit [boodskap #136558] Sun, 16 May 2021 13:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
stuit
Afbreking: stuit


Werkwoord: stuit
Verlede tyd: het gestuit
Teenwoordige deelwoord: stuitende

Betekenis:
• Iets stop of tot stilstand dwing.

Gebruik:
• Ons kon die kapers stuit deur 'n paar waarskuwingskote in die lug in te skiet.

Spreekwoord:
• Dit stuit my teen die bors. [Dit wek afkeer.]
• Vir geen duiwel stuit nie. [Jou deur niemand laat keer of van jou voorneme laat afsien nie.]

Sinoniem:
• afweer
• dwarsboom
• halt
• inhibeer
• inhou
• knelter
• kortwiek
• omvergooi
• strem
• teëhou
• teenhou
• teenstaan
• teenwerk
• teenwerp
• verhinder
• verhoed
• voorkom
• weier

Afgelei:
• onstuitbaar
• stuitbeen
• stuitend

Vertaling:
Engels: to stop, block, end
Nederlands: stuiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bindend
Volgende onderwerp: ginnegaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 08:56:13 UTC 2025