| kampus [boodskap #136544] |
Vr., 14 Mei 2021 16:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kampus
Afbreking: kam•pus
Selfstandige naamwoord: kampus
Meervoud: kampusse
Verkleinwoord: kampussie
Meervoud van verkleining: kampussies
Betekenis:
• Die gronde (of terrein) van 'n kollege, universiteit, besigheid, kerk, hospitaal, ens.
Gebruik:
• Die kampus sal gedurende die skoolvakansie gesluit wees.
Sinoniem:
• gronde
• terrein
• universiteitsgronde
• universiteitsterrein
• universiteitswerf
Hiponiem:
• satellietkampus
• universiteitskampus
Afgelei:
• kampusbedrywighede
Vertaling:
Engels: campus
Nederlands: campus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|