skreeulelik [boodskap #136534] |
Wed, 12 May 2021 17:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skreeulelik
Afbreking: skreeu•le•lik
Samestelling: skreeu + lelik
Byvoeglike naamwoord: skreeulelik
Attributief: skreeulelike
Betekenis:
• Intensiewe vorm van lelik: baie lelik. So lelik dan mens kan skreeu.
Gebruik:
• Die man is skreeulelik en al die kinders is bang vir hom.
Sinoniem:
• hondlelik
• vreklelik
Antoniem:
• beeldmooi
• feetjiemooi
• popmooi
• poskaartmooi
• prentjiemooi
• sprokiesmooi
• wondermooi
Vertaling:
Engels: frightfully ugly
Nederlands: schreeuwlelijk, schuwlelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|