volmaak [boodskap #136528] |
Wed, 12 May 2021 07:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
volmaak
Afbreking: vol•maak
Byvoeglike naamwoord: volmaak
Vergrotende trap: volmaakter
Oortreffende trap: volmaakste
Attributief: volmaakte
Partitief: volmaaks
Betekenis:
• Wat volkome en perfek is; sonder enige fout, gebrek of sonde.
Gebruik:
• Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is. [Matteus 5:48]
Sinoniem:
• foutloos
• ideaal
• perfek
• sondeloos
• utopies
• vlekkeloos
• volkome
• voortreflik
Afkorting:
• volm.
Afgelei:
• volmaaktheid
Vertaling:
Engels: perfect
Nederlands: volmaakt
Werkwoord: maak vol, volmaak
Verlede tyd: het volgemaak
Betekenis:
• Tot bo vul; al die ruimte opneem.
Gebruik:
• Kan jy my glas volmaak?
Sinoniem:
• opvul
• volgooi
• voltap
Vertaling:
Engels: to fill, make full
Nederlands: volmaken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|