voorkeur [boodskap #136514] |
Mon, 10 May 2021 12:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorkeur
Afbreking: voor•keur
Samestelling: voor + keur
Selfstandige naamwoord: voorkeur
Meervoud: voorkeure
Verkleinwoord: voorkeurtjie
Meervoud van verkleining: voorkeurtjies
Betekenis:
• Die neiging om iets of iemand bo iets of iemand anders te kies.
Gebruik:
• Wel het ek gesien dat die wysheid die voorkeur het bo die dwaasheid, soos die lig die voorkeur het bo die duisternis. [Prediker 2:13]
Sinoniem:
• bevoorregting
• ereplek
• prioriteit
• voorrang
Afgelei:
• voorkeuraandeel
• voorkeurbehandeling
• voorkeurdividend
• voorkeurlys
• voorkeurtarief
• voorkeurtoegang
• voorkeurvorm
Vertaling:
Engels: preference, first choice
Nederlands: voorkeur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|