gedaan [boodskap #136501] |
Sat, 08 May 2021 10:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedaan
Afbreking: ge•daan
Byvoeglike naamwoord: gedaan
Attributief: gedane
Intensief: doodgedaan
Betekenis:
• Wat voltooi is.
• Wat opgebruik is.
• Wat moeg en uitgeput is.
Gebruik:
• Dit is gedane sake.
• Die melk is gedaan.
• Ek is gedaan van al die werk.
Spreekwoord:
• Dis uit en gedaan. [Dis verby.]
• So gesê, so gedaan. [Wat gesê word, word uitgevoer.]
• Van sit en staan, kom niks gedaan. ['n Mens rig niks uit as jy dit nie ernstig aanpak nie.]
Sinoniem:
• afgehandel
• afgerem
• doodmoeg
• geëindig
• finaal
• flou
• futloos
• kapot
• katswink
• kis
• klaar
• klaarpraat
• pê
• poegaai
• stokflou
• uitgeput
• vermoeid
• verslyt
• voos
Antoniem:
• ongedaan
Afgelei:
• welgedaan
Vertaling:
Engels: done; finished; tired, exhausted
Nederlands: gedaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|