stereotipe [boodskap #136487] |
Fri, 07 May 2021 09:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stereotipe
Afbreking: ste•reo•ti•pe
Selfstandige naamwoord: stereotipe
Meervoud: stereotipes
Verkleinwoord: stereotipetjie
Meervoud van verkleining: stereotipetjies
Betekenis:
• 'n Oordrewe denkbeeld, karakterisering of vooroordeel wat 'n mens van iets of iemand het.
Gebruik:
• Die beeld van 'n Amerikaanse polisieman wat koffie en oliebolle (donuts) koop is 'n stereotipe.
Verwant:
• stereotiepe (b.nw.)
• stereotipeer (ww.)
• stereotipering
Vertaling:
Engels: stereotype
Nederlands: stereotype
Nota:
• Pasop om nie stereotipe (s.nw.) met stereotiepe (b.nw.) te verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|