sesuur [boodskap #136481] |
Do, 06 Mei 2021 15:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sesuur
Afbreking: ses•uur
Samestelling: ses + uur
Selfstandige naamwoord: sesuur
Meervoud: –
Betekenis:
• Die tydstip om 06:00 soggens of 18:00 in die saans.
Gebruik:
• Dit is nou op die kop sesuur.
Vertaling:
Engels: six o'clock
Nederlands: zes uur
Bywoord: sesuur
Betekenis:
• Om 06:00 of 18:00.
Gebruik:
• Die trein vertrek sesuur.
Vertaling:
Engels: six o'clock
Nederlands: zes uur
Nota:
• As jy na 'n tydsduur verwys is dit "ses uur", twee woorde.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|