houtgerus [boodskap #136429] |
Sun, 02 May 2021 08:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
houtgerus
Afbreking: hout•ge•rus
Samestelling: hout + gerus
Byvoeglike naamwoord: houtgerus
Attributief: houtgeruste
Betekenis:
• Intensiewe vorm van gerus; baie gerus.
Gebruik:
• Terwyl die bokkie houtgerus gras vreet, het 'n leeu op hom afgesluip.
Spreekwoord:
• Hy is houtgerus. [Heeltemal gerus wees.]
Sinoniem:
• argeloos
• doodgerus
• doodkalm
• niksvermoedend
• nonchalant
• onbesorg
• sorgeloos
Vertaling:
Engels: unfazed, unsuspicious, unconcerned
Nederlands: onbezorgd, onaangedaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|