Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kokkedoor
kokkedoor [boodskap #136418] Sat, 01 May 2021 17:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kokkedoor
Afbreking: kok•ke•door


Selfstandige naamwoord: kokkedoor
Meervoud: kokkedore
Verkleinwoord: kokkedoortjie
Meervoud van verkleining: kokkedoortjies

Betekenis:
• Persoon van aansien.

Gebruik:
• Ná sy bevordering dink die mannetjie hy is 'n groot kokkedoor.

Spreekwoord:
• Hy is 'n groot kokkedoor. ['n Belangrike persoon.]

Sinoniem:
• gesaghebber
• grootbaas
• grootkop
• grootmeneer

Afgelei:
• koskokkedoor

Vertaling:
Engels: bigwig, top dog
Nederlands: hoge ome, man van gewicht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skuilnaam
Volgende onderwerp: werkersklas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 10:03:00 UTC 2025