ydelheid [boodskap #136414] |
Sat, 01 May 2021 07:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ydelheid
Afbreking: y•del•heid
Samestelling: ydel + -heid
Selfstandige naamwoord: ydelheid
Meervoud: ydelhede
Betekenis:
• Die toestand of mate van ydel wees; vol selfbewondering en ingestel op die betekenislose uiterlike.
Gebruik:
• Prediker 9 bring die ydelheid van alles in berekening: dieselfde lot tref almal - die regverdige én die goddelose.
Sinoniem:
• egoïsme
• egotisme
• eieliefde
• eiewaan
• frivoliteit
• grootdoenerigheid
• grootpratery
• hoogmoed
• opgeblasenheid
• pretensie
• pronksug
• spoggerigheid
• verwaandheid
Vertaling:
Engels: vanity
Nederlands: ijdelheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|