skoenriem [boodskap #136407] |
Thu, 29 April 2021 13:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skoenriem
Afbreking: skoen•riem
Samestelling: skoen + riem
Selfstandige naamwoord: skoenriem
Meervoud: skoenrieme
Verkleinwoord: skoenriempie
Meervoud van verkleining: skoenriempies
Betekenis:
• Die riem waarmee 'n skoen oop- of toegeryg word.
Gebruik:
• Maak jou skoenrieme vas.
Spreekwoord:
• Nie werd om iemand se skoenriem vas te maak nie. [Heeltemal iemand se mindere wees.]
Sinoniem:
• skoenveter
Vertaling:
Engels: shoelace, shoestring
Nederlands: schoenveter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|