pyniging [boodskap #136406] |
Thu, 29 April 2021 13:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pyniging
Afbreking: py•ni•ging
Samestelling: pynig + -ing
Selfstandige naamwoord: pyniging
Meervoud: pynigings
Betekenis:
• Die handeling van pyn en lyding toedien of veroorsaak.
Gebruik:
• In die Middeleeue is mense aan uitmergelende liggaamlike pyniging onderwerp om hulle tot bekentenis van skuld te dwing.
Sinoniem:
• foltering
• kastyding
• lyding
• marteling
Afgelei:
• selfpyniging
Vertaling:
Engels: torture
Nederlands: pijniging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|