inwillig [boodskap #136403] |
Thu, 29 April 2021 10:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inwillig
Afbreking: in•wil•lig
Werkwoord: willig in, inwillig
Verlede tyd: het ingewillig
Betekenis:
• Vrywillig instem om iets te doen; 'n versoek toestaan of daaraan voldoen.
Gebruik:
• My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie. [Spreuke 1:10]
Sinoniem:
• instem
• beaam
• kopgee
• ooreenkom
• toegee
• toestem
• toestaan
Vertaling:
Engels: to concede, grant, comply with
Nederlands: inwilligen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|