deurvoer [boodskap #136380] |
Di, 27 April 2021 08:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deurvoer
Afbreking: deur•voer
Samestelling: deur + voer
Werkwoord: voer deur, deurvoer
Verlede tyd: het deurgevoer
Betekenis:
• Volledig in werking stel; tot resultaat bring.
Gebruik:
• Ons kan bly wees die skelms het nie hulle slinkse planne deurgevoer nie.
Sinoniem:
• aktualiseer
• bereik
• behaal
• deursien
• eindig
• teweegbring
• voltooi
Afgelei:
• deurvoerbaar
• deurvoering
Vertaling:
Engels: to carry through
Nederlands: uitvoeren
Selfstandige naamwoord: deurvoer
Meervoud: deurvoere
Betekenis:
• Die handeling om iets (soos handelsware) deur 'n plek (of land) te vervoer, of dit wat so vervoer word.
Gebruik:
• Die wet reguleer die invoer, uitvoer en deurvoer van goedere deur die Republiek.
Sinoniem:
• transito
Afgelei:
• deurvoergoed
• deurvoerhandel
• deurvoerhandelaar
• deurvoerhawe
• deurvoerland
• deurvoerloods
• deurvoerreg
Vertaling:
Engels: transit
Nederlands: doorvoer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|