glibberig [boodskap #136379] |
Di, 27 April 2021 07:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
glibberig
Afbreking: glib•be•rig
Byvoeglike naamwoord: glibberig
Vergrotende trap: glibberiger
Oortreffende trap: glibberigste
Attributief: glibberige
Partitief: glibberigs
Betekenis:
• Wat so glad en slymerig is dat ander oppervlaktes (soos die hande en voete) daarteen gly.
• (figuurlik) Wat hom nie maklik laat vang nie.
Gebruik:
• Die pad was so glibberig na die reën dat ons motor amper van die pad af gegly het.
• Die glibberige vent het skotvry daarvan afgekom.
Wisselvorm:
• glipperig
• slibberig
Sinoniem:
• bedrieglik
• glad
• glyerig
• listig
• olierig
• seepglad
• slykerig
• slymerig
• skelm
• slinks
Afgelei:
• glibberigheid
Vertaling:
Engels: slippery, slithery, slimy
Nederlands: glibberig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|