lyfstraf [boodskap #136377] |
Ma, 26 April 2021 18:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lyfstraf
Afbreking: lyf•straf
Samestelling: lyf + straf
Selfstandige naamwoord: lyfstraf
Meervoud: lyfstrawwe
Betekenis:
• 'n Vorm van straf waarby iemand liggaamlike pyn aangedoen word.
Gebruik:
• Lyfstraf was algemeen in skole, maar is later in die meeste lande onwettig verklaar.
Sinoniem:
• kastyding
• liggaamstraf
• loesing
• sipsop-en-braaiboud
• slae
• streepsuiker
Verwant:
• doodstraf
• tronkstraf
Vertaling:
Engels: corporal punishment
Nederlands: lijfstraf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|