analfabeet [boodskap #136373] |
Ma, 26 April 2021 16:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
analfabeet
Afbreking: an•al•fa•beet
Selfstandige naamwoord: analfabeet
Meervoud: analfabete
Betekenis:
• Iemand wat nie kan lees of skryf nie.
• Persoon wat niks van 'n spesifieke onderwerp weet nie.
Gebruik:
• Die analfabeet behoort 'n geletterdheidsprogram te volg.
• Hy is 'n finansiële analfabeet wat dink dat geld aan bome groei.
Sinoniem:
• ongeleerde
• ongeletterde
• ongeskoolde
Vertaling:
Engels: illiterate person
Nederlands: analfabeet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|