pligsgetrou [boodskap #136372] |
Ma, 26 April 2021 15:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pligsgetrou
Afbreking: pligs•ge•trou
Samestelling: plig + -s- + getrou
Byvoeglike naamwoord: pligsgetrou
Vergrotende trap: pligsgetrouer
Oortreffende trap: pligsgetroueste
Attributief: pligsgetroue
Betekenis:
• Wat sy plig nougeset nakom.
Gebruik:
• Dié wat pligsgetrou werk, word leiers; lui mense word slawe. [Spreuke 12:24]
Wisselvorm:
• pliggetrou
Sinoniem:
• arbeidsaam
• gewetensvol
• getrou
• konsensieus
• lojaal
• nougeset
• onderdanig
• pligvaardig
• slaafs
• trou
• vlytig
• voorbeeldig
Afgelei:
• pligsgetrouheid
Vertaling:
Engels: dutiful, conscientiously
Nederlands: plichtsgetrouw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|